Woorde

Liefde

“Dink jy hul is lief vir mekaar?”

“Vader vrou hoekom vra jy nou so iets!”

“Kyk haar gesig, geen glimlag geen sagtheid..kyk die afstand tussen die twee liggame al word handvasgehou.

Kyk die liggaamstaal – emosieloos..

Nee, sy’t  haar vervies (gesig het nie veel verander nie, die skouer reguit getrek die mond dun lyn), die ruk van iets uit sy hand en die gryp na die ondersteunende hand.

Ek kan netnou  google hoeveel spiere word gebruik om te glimlag, al is dit net’n glip agter  ‘n masker. Glimlag ‘n spieël van jou innerlike emosies…

Weet jy ek dink tog ek’s reg, daarde handvashou is nie liefde nie..net  vir balans behou. Sy mog dalk neerslaan.

Het jy gesien, sy’t nie gesigsplooie nie”

“Vadertog vrou!!” hy my.

Miskien moet ons ook begin handvashou.”

“Vader vrou !  hy my

Ons glimlag darem. (troos hy my)

Ek glimlag en jy lag ..kliphard , soms kop agteroor – bevestig hy

Ek dink ons is darem nog okei..” bevestig hy weereens.

“Nogtans, ek dink ons moet begin handvashou ..oral waar ons gaan.”

“Dirk, kom ons gaan drink koffie, dink jy kort kafeine” hy my.

“Gee my jou hand” vra sy met soet glimlag ..

 

 

 

 

 

16 comments on “Liefde

  1. Orange Blue
    September 11, 2016

    Hopelik het hy haar hand vasgehou :) Want ht

    Like

  2. Orange Blue
    September 11, 2016

    Wou seg, want hy en sy is onlosmaaklik van mekaar

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2016

      Mens ken nie mense nie, hoe hul mekaar verstaan en ervaar nie.. so maklik op sigwaarde kan mens liefde miskyk.

      Like

  3. Tannie Frannie
    September 11, 2016

    Kosbare kameraderie wat julle twee tussen julle het – handvashou is oorbodig!

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2016

      Ons verstaan mekaar nogal goed.hopelik , ouderdom bring darem kalmte en vredige wedersydse respek en liefde . Hy hou darem my hand vas ..soms, ek was darem so effens aspris , die soetglimlag ingesluit.

      Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    September 11, 2016

    A-nee -a al wat ek onthou is die kwaai Oumafoto?
    Hoe moet die man nou daardie kwaai vrou se hand vashou? Eish!!!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2016

      Haha.. nee daardie foto was vir my kinders, hul kon nie koes nie, daardie kwaai oog was om hul te laat dink…en oordink . Ek raak darem aan’t wonder as mense weer te veel aanraak of aanraak met gesig wat erg beswaard lyk… dalk is die oude paartjie heel liefdevol(80 jaar +) dit gebeur as ek sit en wag vir ‘n uur en mense dophou..

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 11, 2016

        Ek kom agter ek raak baie m eer aan vandat ek hier woon. Ek sal maklik iemand ‘n drukkie gee of ‘n oom se skouer vryf. Dis of mens lyfhonger raak

        Liked by 2 people

      • ddupl3ss1s
        September 11, 2016

        Ag jitte Tina! Dierbaar. Daar is darem mense wat lief is vir aanraak- buite verhoudings, soos jy noem . Omgee laat mens meer aanraak.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 12, 2016

        Ja die velhonger kom van tyd tot tyd voor.

        Liked by 1 person

  5. Toortsie
    September 12, 2016

    Ag, dis mooi! en nou glimlag ek sommer ook, en hou my man se hand vas.

    Liked by 1 person

  6. perdebytjie
    September 12, 2016

    Goed waargeneem,Dirkie!So oulik geskryf soos gewoonlik!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2016

      Dankie Perdebytjie.. ek wonder hoe oud kan ‘n kat word.

      Liked by 1 person

      • perdebytjie
        September 12, 2016

        Ek het al gehoor van katte wat 23 geword het,maar dis seker uitsonderlik.

        Like

  7. Lewies Mymer
    September 11, 2017

    Ag hoe lekker! Ek en Vroukie is ook van die hand-aan-hand soort.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 11, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 561 hits