Woorde

Pasiënt nommer so-en-so ..

Soms bel mense vir ‘n afspraak by die Voetemens, dan sal die uwe met die groet en telefoon neersitslag brommel.. ‘ja-ja , jou gladde jakkals!’

soms

Sal sy iemand so jammer kry, mens hoor die pyn in die stem van die kloppende ingroeitoonnael..

soms

..sal die afspraakmaker so vrolik klink dat die uwe se hele dag met vreugde gevul is en sommer in haar gedagte ‘n seën uitspreek oor dié persoon se menswees.

soms

is dit sommer net ‘n gewone stem- gewone afspraak -die stem laat niks deurskemer nie

Tot

Die Kind vertel

My stomme Pasiënt se bene is so geswel. Ek vra maar uit oor haar mediese geskiedenis.

Ma, toe tik sy my met ‘n veer om met haar verleë biegsessie.

“Ek was in die tronk, het die afgelope tyd ook die geswelde bene probleem gehad, hul het in die tronk  probeer help met mediese versorging..dit wou nie opklaar nie, toe hoor ek van jou ..”

Ma, ek wou darem nie vir die vrou vra waaroor sit sy toe 20 jaar in tronk nie, net gesit en uitwerk sy was ongeveer 19 jaar toe sy daar beland het!

Die kind se Ma  het daarenteen gewonder , is haar Voetekind onder bespreking onder die dames in die tronk!! Hmm, wys jou net !

Nietemin

Ma, ek kon darem nie my nuuskierigheid beteuel nie, het  naderhand gevra, sommer so oor hoe is dit nou daar  en die hoekom en waarom.

Dit was glo moord.

Deeglik beplan

Huurmoord.

Die Voetekind het darem   ook met so mooi  besorgde stemmetjie gevra:’   in  jou parooltyd en vryheid in sig, sal jy weer so iets doen , as jy nou jou lewenswyse kon verander en keuses maak ?”

Sy( die pasiënt) trek toe net haar skouers op..

Ma! ek dink toe net , ek werk met skalpels

Ek het nou wel pepperspray en  my Sions Bybeltjie en Sekuriteit se alarm knoppie !!!

Uit haar liggaamshouding ly ek af, sy mog dit dalk  weer probeer/oorweeg – toe werk ek maar ekstra versigtig, en glimlag (en ek ken my kind, sy’t aanhoudend uit senuagtigheid begin gesels ..)

 

Nou ja , haar Ma sien uit na die herbesoek van die dame met die mooi Afrikaanse boerevan  .

 

 

10 comments on “Pasiënt nommer so-en-so ..

  1. Toortsie
    Januarie 19, 2017

    Ek dink die voetekind kan veilig voel, daai dame is haar ewig dankbaar vir die verligting waarvoor sy sorg.

    Liked by 1 person

  2. Net Ek
    Januarie 19, 2017

    Sjoe dis darem vreeslik nê?

    Ek glo mense leer uit hulle foute en kom weer op die nou paadjie, maar nie almal nie. Dis ‘n grillerige gedagte hoeveel van die wat NIE regkom tussen ons rondloop nie? (mense soos my stiefpa)

    En ja, elke storie het ook drie kante. Ek sou bitter graag haar hele storie wou hoor. (dink ek is net te nuuskierig!)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 19, 2017

      Haarsalonne is ook biegplekke, ek sou darem ook nie kon weerstaan nie, die hoekom en die waarom .. eerstehandse inligting

      Liked by 2 people

  3. shadowwhisper
    Januarie 19, 2017

    EK kan insien hoe sy gevoel het, maar weet jy mense kan verander en ook dat ons as mense self iets positiefs kan kweek in iemand wat ‘scary’ is

    Liked by 1 person

  4. travel460
    Januarie 19, 2017

    Dit is vir my wonderlik dat jou dogter tog op ñ veilige manier aan die blote werklikhede van die wêreld blootgestel word. Sy doen kosbare lewens ondervinding op. ñ Pastoors vriend het eendag vertel dat sy gemeente lede hom vér vooruit is, want hulle beweeg tussen die gewone mensdom rond. Hy as pastoor, ken nie ongeredde mense nie. So hy sukkel as hy die dag saam met ñ ongeredde land en moet kuier. Want hy weet nie hoe nie. Sy gemeentelede kry die geleenthede om daagliks in die wêreld te getuig. Sý mense ken almal die Here. Insig en medemenslikheid, dit is wat jou kind nou aanleer.

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Januarie 19, 2017

    Ek glo met my hele hart dat almal nog ‘n kans verdien … dit was/is ook iemand se kind

    Liked by 1 person

  6. Lewies Mymer
    Januarie 21, 2017

    Sionsbybeltjie en pepper spray–dodelike kombinasie!

    Liked by 1 person

  7. Kameel
    Januarie 23, 2017

    Dit is nou ‘n lekker storie….. met so ‘n rilling langs die ruggraat. (As ruggraat verkeerd gespel is sê ek sommer nou hard en duidelik “so what!!!” Dit is nie my skuld dat al my spelling soos mis voor die son verdwyn het nie….. en ek is moeg om elke keer ‘n woord na te slaan. PUNT)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 24, 2017

      Sy moes herbesoek het, nie opgedaag nie ..en ons wonder is daar so iets soos buite parool area. .. sy hoef eintlik nie daardie persoonlike inligting gegee het dat sy gemoor het nie, miskien voel sy of almal dit kan raaksien. So tragies !

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Januarie 19, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 573 hits