Woorde

Die Man met die Skotse Hoed

Hy dra ‘n Skotse hoedjie van Tweed, die bejaarde in sy tagtigs.

Hy kom waardig aangestap met kierie in die hand en ‘n Suid Afrikaanse-groen serp, lossies om sy nek gedrapeer. Gekruisband en Langbroek van flanel en blink skoene..

“Ma, hy is eintlik net ‘n 15 minute se verharde-toonnaels-knip-pasiënt maar ‘n uur geselser, ag siestog Ma..” vertel die Kind met blink emosionele oë.

Hy vertel

“Ek was ‘n enkelkind,  tot in die afgrond in bederf,  deur wonderlike ouers.

 Roekeloos geleef en darem deur genade weer tot’normaliteit teruggekeer..’ het hy  plegtig met ‘n skewe glimlag genoem.

Gestudeer en later jare Dosent geword aan ‘n  SA Universiteit.

Eensaamheid raak erg, veral nou dat my vrou oorlede is en haar vriendekring wat ook myne was, is nie meer nie  –  nou raak die weduwee-vriendinne skugtig  vir my. Ek word nie meer genooi nie.

“Ag siestog Ma..” die Kind.

Sy was ‘n Alzheimer lyer – sy vrou .  Die Tannie(ook ‘n pasiënt hier by die Hoekhuis) was eendag begelei  deur’n polisiebeampte tot op ons voorstoep en weer teruggeneem na haar huis, toe die vergeetsiekte haar skielik heeltemal oorval het.

Die dag met sy besoek en met geen ander pasiënt insig het hy begin gesels oor sy kinderdae.

Met elke verjaarsdag het ek altyd  ‘n oproep gekry van my Ma se  Dokter om my verjaarsdaggeskenk te kom haal.

Nogal gedink jinne, hy is so gaaf , my altyd onthou.. waar ek ookal was!

Eendag het ek my Ma begin uitvra oor die gereelde geskenke en die Dokter wat altyd weet waar ek my bevind..

toe moes hoor ek  is aangeneem . Die gereelde geskenke van my Biologiese Ma af. Die Ma wat my nooit vergeet het nie .

  Al was ek baie lief vir my ouers , wou ek darem graag meer te wete kom oor my bloedfamilie. Sy was bekend aan my Ma . Afspraak is gereël

en my  Biologiese Ma het ingestem om my te ontmoet .

Sy het vertel sy en haar vriend (sy Biologiese Pa) was reeds verloof toe sy swanger raak, en die wreedheid van hul Kerk en mense  haar ouers ingesluit ,wat haar gedwing het om haar kind af te teken al wou hul trou.

Sy is toe getroud met my Biologiese Pa. Hul het later 4 kinders gehad. Hulle is nooit ingelig oor my nie, en sy verkies om hul ook nie in te lig nie. .

Hy sug en dink aan familie wat hy tog bande mee kon opbou veral nou .

Met weemoed  vertel hy oor die verlies van sy vrou.

Hul twee se bejaarde honde- eers die een dood  en  ook  later die ander een.

Hy raak emosioneel met die vertel  van elke oggend  se gewoonte wanneer hy sy joghurt glasie oopmaak dan staan ou honne nader en hy kry  die  foeliedekseltjie om af te lek..

en nou , nou sit ek met ‘n foeliedekseltjie sonder hond.

Tot een oggend , toe sien ek die vinnige beweging van ‘n piepklein veldmuisie..

Nou sit ek maar elke oggend die foeliedekseltjie neer op die mat….

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

26 comments on “Die Man met die Skotse Hoed

  1. Tannie Frannie
    Augustus 2, 2019

    Hoe slinger jy my nou van blydskap om weer ‘n inskrywing deur jou te kan lees tot bewoënheid oor die eensaamheid van die ouderdom. Ai, Dirkie – ten minste is julle goeie luisteraars!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2019

      Frannie, ek het nogal gesukkel om weer ‘n inskrywing te maak , mens gaan gou uit oefening tot om woorde netjies te plaas sodat dit sin maak!! Dankie vir jou saamlees.

      Liked by 1 person

  2. coetzee2014
    Augustus 2, 2019

    Dankie, vir die deel. Dit maak mens hartseer.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2019

      My Ma het altyd genoem vriende is so belangrik wanneer mens bejaard raak, maar platteland ervaar mens meer vriendskappe as in stedelike gebiede.

      Liked by 1 person

      • coetzee2014
        Augustus 9, 2019

        Dit is baie waar, van die platteland.

        Like

  3. rondomtaliedraai
    Augustus 2, 2019

    Hoekom is hier so baie advertensies by jou blog?
    Dankie vir die roerende vertelling

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2019

      Waar is die advertensies?? sal nou weer gaan loer , sien geen advertensies hierdiekant nie. Die storie kuier nou al weke snags by my – ek skryf en herskryf wanneer ek nie kan slaap nie.

      Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 3, 2019

      Sien slegs advertensies op my foon se fbook,, ek het jou geantwoord en my eie antwoord word’ gemodereer’ !! Kan jy nou meer..

      Liked by 1 person

  4. Lewies Mymer
    Augustus 2, 2019

    Eensaamheid is ‘n bliksem.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2019

      Ek dink met sy kinders wat oorsee woon, is dit nog te meer voelbaar.

      Like

  5. HesterLeyNel
    Augustus 2, 2019

    Ai tog, dit is hartseer. ‘n Mens moet darem ‘n aanspraak hê op jou oudag.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2019

      Dit is mooi beskrywend ‘aanspraak hê’ , dit is nog te meer voelbaar wanner beweeglikheid ook in die slag bly dan word tesame kuiers seker ook ingeperk.

      Like

  6. Bondelsgedagtes
    Augustus 2, 2019

    Ai vertel jy nou ‘n knop binne in my keel. Ek hoor van soveel ou mensies wat so sukkel Finansieel en dan met eensaamheid. Dit hoort nie so nie…

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2019

      In ons pasiënt se geval is hy werklik finansieël onafhanklik, ek dink net eensaamheid en geselskap van ouderdomgenote raak skaars , ek kry so jammer ek was self toetentaal omgeklits deur die hartseer verhaal.

      Like

      • Bondelsgedagtes
        Augustus 2, 2019

        Dis min oueswat finansieel onafhanklik is. Ek is dankbaar daarvoor vir hom. Eensaamheid is n vieslike ding

        Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Augustus 2, 2019

    Eensaamheid. Ai dis sleg. Dankie vir jou mooi storie. My gart huil oor sy dubbele verlies. Sies tog, sy broers en susters sou sy geselskap geniet het.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 5, 2019

      Ek gun hom familie naby, dink net deesdae is daar tog baie meer empatie as vroeër.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Augustus 5, 2019

        Sal hy nie nou sy broers en susters kan kontak nie? Dit was dan kinders uit dieselfde verbintenis, nie ‘n derde party nie? Het hy nog die ouers se name?
        Ek het ‘n vriendin wat aangeneem is en nou, op haar oudag, haar broers en susters ontmoet het. Dis soos ‘n nuwe lewe wat vir haar oopgegaan het. Die ouers is ook al dood. Al verskil is dat haar ma haar wel wou vind en haar broer het toe aanhou soek.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 5, 2019

        Ek weet nie of hy werklik hul wil opspoor.

        Liked by 1 person

  8. poerdez
    Augustus 2, 2019

    Shit.

    Like

  9. scrapydo2.wordpress.com
    Augustus 3, 2019

    Hierdie oompie met sy Skotse hoed se vertelling is n juweeltjie in n mens se lewensondervinding.
    Dit het my ook n knop in die keel gegee. Ek het altyd my laaste hondekind in SA n lepeltjie yogert gegee. Eers uitgeskep op my pap en laaste lepeltjie vir haar. Sy’t altyd gesit en wag vir haar lekkie. Dis dierbaar van die muisie wat toe die dekseltjie kon aflek.

    Liked by 1 person

  10. perdebytjie
    Augustus 3, 2019

    So pragtig geskryf, soos net jy kan, Dirkie! Ai die weemoed van eensaamheid….

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 2, 2019 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 30 768 hits
%d bloggers like this: