Woorde

Liewe Mia

Jy is nou al 8 maande.

Jy maak geluidjies soos die Houtkapper hier in ons tuin ..so grrrr geluidjie , en skielik blaas jy . Nogal gedink jy sal beslis jou eerste verjaarsdagkersie kan doodblaas en nie doodspoeg nie. Jy het die sterkte van jou stem ontdek. Luidkeels.

Jou persoonlikheid verander. Jy gee groot wye glimlag vir Ouma en Oupa.. en jy skree dat die berge antwoord (o gits ons het nie berge nie) as jou Ma skielik uit die vertrek stap. Ag en die blydskap as sy om die deur vir jou loer bly darem kosbaar. Ouma sal maar net saggies bynoem- en jy’s vreeslik kwaai. Ek het vir jou slegte nuus, jy kan nou dalk met dit wegkom , ek wonder  darem of jou ma dit gaan verdra in ‘n winkelsentrum!  Ai ai..

Ek het vanoggend gesit en wonder watter liedjie gaan ek vandag vir jou sing, toe onthou ek van jou Mamma se eerste plegtige optrede toe sy gesing het. Sy was drie jaar oud.

woudie kleuterkonsert 2Sy’t Padddatjie Paddatjie gesing. Ouma sal vandag  dit sing. Op daardie aandkonsert ..het sy so gekerm oor die rok wat krap. Ouma het toe haar eerste les geleer – “as jy wil mooi lyk moet jy soms maar die krap verduur!” Foeitog, Ouma sal dit beslis nie weer doen nie. Mens kom later  tot ander insigte met kindgrootmaak.

Mamma het so meegevoer geraak met haar liedjie singerye dat sy naderhand die krappend rok al hoe meer opgefrommel het toe die die ‘paddatjie op sy rug val” , was die rok al heuphoogte..

woudie kleuter 4Mia, jy’t nou nie so bos hare soos jou Mamma kleintyd , nie. Oupa het nou die dag so ewe drogies voor jou Ma vertel , hy kan nie wag dat jy al ‘n kuif het nie, want hy sal dit mooi knip. So reguit . Oupa se handpalm teen die kuif platdruk en girts met sker. Oe! jy moes jou Ma se gesig gesien het .. dit is vir haar die vreeslikste haar kleintyd fotos met oupa se handewerk by haar kuif te siene.

Wat ek gou vir jou wou vertel, voordat Ouma groet.. Mamma sing glo gereeld vir jou in die motor oppad hierheen.. Nee, nie Paddatjie Paddatjie nie.. afhangende van jou gemoedstoestand . Hoe harder jy skree, dan sing mamma glo sommer die Onse Vader of Stille Nag.. uit desperaatheid! Wanneer  jy nou kalm en rustig is sing sy Tula Baba..sommer so hm hm ..

Ouma wou darem weet oor die Onse Vader of Stille Nag keuse.. siestog soms het mammas ook maar bietjie genade nodig , kindgrootkry is nou nie juis net soos in StaSoft advertensies waar babas stralend en koerend is , nie. Mia, een van die dae begin jy kruip.. dan gaan jou Ma dalk ‘n ander wysie sing al hardlopende.

Ons is lief vir jou

Ouma en Oupa.

 

16 comments on “Liewe Mia

  1. HesterLeyNel
    Februarie 4, 2015

    Ag watter prettige herinnering – Mamma in ‘n feetjierok wat Paddatjie sing. Kostelik! Ek is seker Mia gaan hierdie blog verslind wanneer sy groot genoet is om te verstaan en self te lees. Dankie dat ons kan deel in jou kleintjie se lewe en grootword.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 4, 2015

      Dankie Hester , ek geniet klein dingetjies baie meer as by my kinders se grootword tyd, ek dink mens was net te besig met alles wat gedoen moes word.

      Liked by 1 person

  2. carolredelinghuys@Losbek
    Februarie 4, 2015

    Die foto van ” Mamma” vat my darem nou ver terug na die kinderpartytjies en al daardie dinge wat ons gehad het

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Februarie 4, 2015

    Ai dis darem lekker herinneringe

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 5, 2015

      Ek is net jammer ons het opgestelde fotos geneem ..afloerfotos vertel soms ‘n wonderlike storie.

      Liked by 1 person

  4. coetzee2014
    Februarie 4, 2015

    Ek het dit al gesê. Mia, is bevoorreg, met so ´n ouma.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 5, 2015

      Dankie Danie, bly ‘n groot voorreg om kinders en kinders se kinders te mag geniet.

      Like

  5. scrapydotwo
    Februarie 4, 2015

    Stem saam Mia is bevoorreg om n ouma en mamma te he wat omgee vir haar. Dit is regtig lekker om so saam met jou te sit en gesels oor Mia. Dankie vir jou unieke manier van vertel

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 5, 2015

      Dankie Scrapydo, ons twee (ek en Mamma) het nou die dag gesels oor ons gesinsverband en verhouding met mekaar..alles verloop ook soms bulterig maar o mensig ons geniet mekaar met ons hele hart, oud en jonk.

      Like

      • scrapydotwo
        Februarie 5, 2015

        Dis hoe dit moet wees. Natuurlik is daar bulte maar elke bult het weer n gelykte ook. Geniet dit

        Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie
    Februarie 4, 2015

    Hierdie briewe is loutere genot. Darem het oupa – destyds pappa – daardie kuif perfek reguit gesny! Klein Gabby weet nou al sy’s in vir ‘n wiegeliedjie soggens as sy moet slapies – dan begin sy sommer self daaraan sing. Moeilik herkenbaar, maar hierdie ouma weet mos…

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Februarie 5, 2015

    Ag dierbaar Frannie, Gabby se sing klink dalk ook soos hierdie een so op een toonhoogte ..tot die gesig rooi raak, Ai Ouma Frannie kan gerus bietjie vir ons ‘n blog skryf oor die kleine Gabby . Mia is vreeslik kielierig en Ouma kan dit nie weerstaan om borrels te blaas op haar maag nie, daardie kraai laggie is heerlike pret.

    Like

  8. Kameel
    Februarie 5, 2015

    Daardie kuif is puik geknip; beter as wat my ma met haar naaldwerkskêr gedoen het; so stomp-af hier by die voorkop. Soos ek elke keer sê, hierdie briewe is kosbaar.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Februarie 4, 2015 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 621 hits