Woorde

Die twee oppie hoek..

Die Ou vrou op die hoek , sy en haar oude man gaan so week of wat weg.

Sy begin inpak. Sy maak nie lysies nie sy begin spontaan by die belangrikste.

Nie klere eerste nie – nee,  hul medisyne tassie!

Neem kennis medisyne, nie noodhulp nie .

Chronies vir die cholesterol.. chronies vir skildklier.. chronies vir die hormone wat lankal moertoe is , en iemand se medikasie vir die ongenooide gas wat op sy voorstoep beland het. In stille dankbaarheid  is  daar nog nie hartpille en stresverwante pille of bloeddrukpilletjies(  bloeddruk wat eintlik rede gehad het om  ten hemele  te kon opskiet  ) ook op die lys nie. Baie flippin om dankbaar oor te wees.

Klere raak ook nie meer so vreeslikheid nie, dienlik en gemaklik en koel is wat van belang raak. Tandepasta en sjampoo kry hoër rangorde. Groot vreugde,  geen sigaret houer insig..

Vandag , op hierdie stille Sondagoggend kry hy die laaste van die reeks behandeling. Daaroor is die twee mense ook dankbaar. Daarna beleef en deurleef hulle wat ookal voorlê.

Die twee van die huis op die hoek gaan nie oor die onderwerp gesels wat hom geelbleek en afgemaer het nie. Beslis nie in hul ruimte nie,taboe!

Hulle twee gaan kyk en luister en fotos neem en dankbaar wees vir die samesyn.

tas

25 comments on “Die twee oppie hoek..

  1. scrapydotwo
    Februarie 22, 2015

    Geniet die wegbreek. Dis baie nodig. Neem fotos van alles wat in die oog kom. Dis heerlik ontspannend

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 22, 2015

      Ons gaan dit geniet , en net om weer ander dele te kan sien is ook al ;n fees.

      Like

  2. HesterLeyNel
    Februarie 22, 2015

    Geniet dit gate uit. Daar is niks soos ‘n vakansie om die huppel in die stap en die vonkel in die oog terug te sit nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 22, 2015

      mens ..ek sal nou maar net stap die huppel sal ek maar vir jou nalaat . Ek gaan weer by koffietafeltjies sit en met vonkel in die oog sit en luister wat ander mense gesels- hopelik .

      Liked by 1 person

  3. Jeanné
    Februarie 22, 2015

    Geniet elke oomblik!

    Liked by 1 person

  4. carolredelinghuys@Losbek
    Februarie 22, 2015

    Ek pak ook heel eerste die brille en die pille in. Julle twee moet dit vreeslik geniet. Vergeet van alle behandelings en nare dinge!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 22, 2015

      Ons gaan dit geniet. Ons gaan vreeslik verlang na die belangrikste in die huishouding, kleine Mia. Oor 6 weke na volledige biopsies begin behandeling weer, .. al lyk alles goed en mooi dit is maar die patroon wat gevolg sal word.

      Liked by 1 person

  5. vega
    Februarie 22, 2015

    Skakel af van alles wat mens kan laat worrie en geniet dit.

    Liked by 2 people

  6. rondomtaliedraai
    Februarie 22, 2015

    Ag liewe mens onthou asb die tandeborsels! Geniet dit Hoop die laptoppie gaan darem ook saam?

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Februarie 22, 2015

    My foon is stukkend maar ek sal hoor hoe dit gaan sodra ek weer op die lug is

    Like

  8. perdebytjie
    Februarie 22, 2015

    Geniet elke oomblik.Julle verdien dit na al die stres.Klink darem of jou piltassie nog nie jou kleretas oorskry nie…dis darem goeie nuus.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 1, 2015

      Lekker lag ek vir daardie vergelyking van piltas versus kleretas- ons het dit baie geniet die week besoeke.

      Liked by 1 person

  9. monicahaddad01
    Februarie 23, 2015

    O lekker, om alles weer met nuwe oë te sien ! Geniet.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Maart 1, 2015

      Ai dit was heerlik Monica, ons het besluit die Wildtuin moet langer besoek word, dagbesoek te effens.

      Like

  10. Kameel
    Februarie 23, 2015

    Geniet dit Dirkie. Hoop dit is ‘n heerlike belewenis, met baie kosbare oomblikke.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 1, 2015

      Kameel, soms dink ek mens moet tog maar meer rondkuier daar is sovele plekke wat ons nog wil besoek. Dit was heerlik week.

      Like

      • Kameel
        Maart 3, 2015

        Bly julle het dit geniet. Terwyl die lus nog daar is moet ‘n mens soveel as moontlik rondkuier. Eendag is ons oud, en wil net in ons huisie sit.

        Liked by 1 person

  11. Spokie sny spoor
    Februarie 23, 2015

    Sjoe Dirkie – eintlik is dit so ‘n diep briefie. Ek is trots op jou woorde, die krag wat jy nog openbaar in hierdie lewenstydperk van julle. Want ek weet die behandeling maak die pasient ook baie emosioneel en moeilik. Sterkte vir jou.

    Hoop julle geniet dit.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 1, 2015

      Hallou Spokie, ons is weer terug, en al die pragtige natuurskoon vreeslik geniet. Mens se oë kon amper nie genoeg kry van die omgewing nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Februarie 22, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 586 hits