Vreugde
Ouderdom het die neukery –
- As jy verskriklik bly is , huil jy. Gewoonlik net so opwelf van trane in die oë.
- As jy kwaad word raak die gesig donker en trane stuwe in die oë op.. dit is nou as jy verwoed is en as jy ‘n vrou is. Nog nie gehoor van ‘n man wat emosioneel raak as hy hom vererg nie..
- As jy uit jou sokkies uit verskriklik bly is..dan huil jy so klein versie – soos toe ons gehoor het van Mia babatjie in aantog.
- As jy allerverskriklikste wonderlikste nuus ontvang , dan huil en lag jy deurmekaar en jy laat jou hele familie weet
Iemand in hierdie huis het die goeie nuus ontvang – Biopsie uitslae wys die Kanker het die pad gevat…geen kriesel sigbaar . Skoon kry die allerwonderlikste status.
Hiermee erken ek ruiterlik ek het vanoggend so lekker tjanksessie gehad..lanklaas was tjank so lekker.. sy hele skouer papnat.
Nou gaan hy elke 3 maande vir instandhouding..kompleet soos enjin wat nuwe filter en olie moet kry…
Nederig dankbaar verwoord nie die gevoel nie.
Ag dis wonderlik! So bly vir julle.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Hester, hy sal maar gereeld gaan vir ondersoek, ek kan seker na dese goeie slaapsessie inhaal.
LikeLiked by 1 person
So baie baie bly vir julle! Dis WONDERLIKE nuus! :)
LikeLiked by 1 person
Ai Toortsie.. dankbaar onbeskryflik
LikeLike
Dít, is nou baie goeie, wonderlike nuus. Baie bly!!
LikeLike
Baie dankie , al jou bemoediging het mens altyd positief gehou. Kanker is nie mens se speelmaat nie, moet altyd dopgehou word, maar mens kan ook nie heeltyd wonder wanneer kom dit terug nie, dankbaar vir hierdie wonderlike goeie nuus vanoggend.
LikeLiked by 1 person
So dankbaar en bly saam met julle!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Jeanne..hoe gaan dit met jou?
LikeLike
Dit gaan goed dankie. Nog 5 chemo sessies dan is dit ook verby.
LikeLiked by 1 person
Ag my hart, hoop dit is draaglik, ek dink aan jou en julle almal.
LikeLike
Dirkie, ek is so bly vir julle. Prys die Here!!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel. So goed om altyd jou kommentaar te lees, dit beteken baie vir my.
LikeLiked by 1 person
Geluk! Noem dit sommer ‘n nuwe lewe ‘saam.”
Ek glo dit het jul lewens ten goede verander?
LikeLiked by 1 person
Dankie Spokie, ek waardeer jou woorde opreg.
LikeLiked by 1 person
Lekkerder as lekker …
LikeLiked by 1 person
Jy praat, Tina!
LikeLiked by 1 person
Deesdae sit my trane net so vlak, soos nou….
LikeLiked by 1 person
Ai Monica, dit is darem die voordeel hierdie is die lekker huil..Dankie vir saamlees,
LikeLike
Dis nou goeie nuus. Baie bly dat die lewe sy goeie kant ook weer wys. Mag dit net beter gaan daar by julle. Laat hul maar die ghries aansmeer as dit nodig is. Hope liefde vir jou
LikeLiked by 1 person
Mens moet altyd positief bly en lewe kry soms sy opdraandes.
LikeLike
Ja, dit verryk n mens. Nie dat mens altyd so moeilik wil hê nie
LikeLiked by 2 people
Dis goeie nuus! So iets in die vrees vir die negatiewe maak dit ekstra spesiaal. Baie bly vir julle part.
LikeLiked by 1 person
Watter wonderlike nuus!
LikeLiked by 1 person
Eureka!!! Ek “joebel” van vreugde vir julle.
LikeLiked by 1 person
Ai News, ons was so half ingestel met teenoorgestelde idee.. dit is en bly maar ‘n soort kanker wat mens moet voor lugtig wees. Dit kom glo maklik terug, maar daarvoor is ons ook voorbereid
LikeLike
Wonderlik! Geniet elke oomblik saam:-)
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Hanli.
LikeLike