Woorde

Angelina

Met Groen koring op die land, was ek altyd versigtig om my mening te lug oor  ander kinders en tieners en jong vryers se doene en late.

Menige dag ook maar oop oë sit en bidde dat die kinders by die Hoekhuis se hormone moet stabiliseer en  met smeking gevra laat daar tog ‘n ligstraaltjie deurskyn dat Ma en Pa  goeie raad gegee het.

Deesdae as ek die twee kleinkindertjie- nuwelinge in die onderskeie huisgesinne aanskou , besef ek ‘n tweejarige is die naaste aan tienerfase wat ek lanklaas gesien het..al verskil is tieners val darem nie op die vloer neer nie. Die onmag in bui-uitbarsting is egter net so geweldig en waai darem vinniger oor as by groter Tieners.  Die ander amper eenjarige wat nou die kuns van kruip moet bemeester vervies hom luidkeels, veral  as dit wat hy beplan nie gebeur soos hy dit graag sou wou laat gebeur nie. Stembandoefening deeglik aan die orde van die die dag by die Hoekhuis. So koortjie.

Dejavu.

Moet ek byvoeg hul slaan nog nie deure toe nie..

As ek  Angelina Jolie  se ouderdom inagneem, behoort haar Ma nog te leef.

“Moeder van Angelina, ek sou ook bitter bekommerd wees as my skoonseun so in dagga newels verkeer, en die humeur!! Oor sy ander sondes en oortredinge sal ons nie eens kommentaar lewer nie. Ek wou net vanoggend vir jou vertel , hierdie Moeder aan die Suidpunt van Afrika , het opregte meegevoel met jou en jou bekommernis. ”

‘n Ma bly ‘n Ma waar jy ookal woon en wie jy nou ookal is.

 

 

9 comments on “Angelina

  1. Lewies Mymer
    September 21, 2016

    Hulle noem dit nie verniet The Terrible Two’s nie! Ons oudste word nou die dag 13, en dis weer ‘n ander fase!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 21, 2016

      Ek bewonder deesdae se ouers en al die uitdagings gepaardgaande.

      Like

  2. Toortsie
    September 21, 2016

    Soos jy sê, ‘n ma bly ‘n ma en ‘n ouma bly ‘n ouma, ongeag. Xx

    Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel
    September 21, 2016

    Ek het die jackpot getref met my skoondogter. Sy is ‘n goeie vrou en ‘n fantastiese ma vir ons enigste kleinkind. As ek ‘n digter was, het ek ‘n gedig net vir haar geskryf.

    Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    September 21, 2016

    Dit hou jou op jou knieë

    Liked by 1 person

  5. ekmyselff
    September 22, 2016

    Ooh heng en nou hoor ek hy woed ondersoek vir kindermishandeling…

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2016

      Ek sien die storie.. nou wonder ek hoe word mishandeling daar omskryf..dalk ‘n kind ;n klap gegee..mens weet nie altyd hoeveel stories ter perse is so waar as parramanel dra se soort nie

      Like

  6. Kameel
    September 29, 2016

    Wanneer ons dogter haar hare uit haar kop wil trek oor die tweejarige se eiewilligheid, dan sê hierdie ouma maar net “bedaar, ek het jou groot gekry.”
    Aan jou en jou man gedink hierdie laaste paar dae…. julle is deur diep waters.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 21, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 573 hits