Woorde

Kerk

Elkekeer as daar in Kerke /sinodes  – besluit word –

ons laat hul nie toe nie.

Elkekeer as daar besluit word hul mag nie vir mekaar lief wees nie. Trou ? Beroepbaar wees

Elkekeer …

Elkekeer dan dink ek hoe moet sy Ma voel.

Sy het geboorte geskenk aan hom.

Sy het hom grootgemaak dieselfde as die res van haar kinders.

Sy familie/gesin  – broer /suster -neefs  -niggies.. is lief vir hom .

Hoe  kan ons ‘n jongman verwerp omdat hy ‘n selfde geslag maat verkies.

Jy kan soveel Bybelteksregverdiging toepas soos jy nou wil.

Ons sal steeds trots wees op die familielid.

Presteerder.

Hardewerker.

Vriendelik.

Nederig.

Dan wonder ek hoe moet sy Ma voel , dan verwerp jul haar ook…

25 comments on “Kerk

  1. newsferret
    November 22, 2016

    Ek kan nie verstaan hoekom kan mense ander mense nie aanvaar soos hulle is nie solank hulle ander nie skade berokken nie. Die vergete gebot, of is dit verbode gebot ” Jy moet jou naaste lief hê soos jouself”.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 22, 2016

      Wat ek darem genadiglik agtergekom het,daar is darem ds wat ook nie saamstem met die grootskaalse wreedheid onder die vaandel van Bybelteksregverdiging , nie. Ai dit is vir my hartseer die hele debakel.

      Like

    • HesterLeyNel
      November 22, 2016

      want daar’s nie pille vir stoepit nie

      Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie
    November 22, 2016

    Ag weet jy, Dirkie, ek steur my nie aan die dogma en die redenasies nie, is net dankbaar dat ek nie daaraan hoef deel te neem nie. Binne die “kerkorde” is daar – goddank – nog steeds naasteliefde en medemenslikheid, want ai – hoe durf ons oordeel? Hoe durf ons klippe optel…

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      November 22, 2016

      My hart gaan veral uit na ouers wat so lief is vir hul kinders, en nou moet hul aanskou hoe hul kinders met klippe gegooi word.

      Liked by 1 person

  3. Korrelkop Kahuna
    November 22, 2016

    Daar waar boetiegoed nie welkom is nie, is ek ook nie. Punt. Lyn.

    Liked by 1 person

  4. perdebytjie
    November 22, 2016

    Ongelukkig ignoreer mense alle wetenskaplike navorsing oor hierdie onderwerp.Interessant dat die mensdom aanbeweeg het na die ronde aarde,son wat die middelpunt is en verskeie bevindings wat in bybelse tye gelo is,maar daar is ‘n koppigheid om vorentoe te beweeg oor homoseksualisme.Ek wonder hoeveel kerklidmate het al ooit iets wetenskapliks gelees oor die onderwerp.Hulle hardloop soos ‘n trop skape agter diegene aan,wat die verguising doen!
    Tussen hakies…ek is ook daardie ma!Ek weet waarvan ek praat na selfmoordpogings,verguising en verwerping!!!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 22, 2016

      Ai ai Perdebytjie, ek hoop werklik dat daar intussen meer aanvaarding gekom het .

      Liked by 1 person

      • perdebytjie
        November 22, 2016

        Solank mense so eng dink en nie na feite wil kyk nie,bly ek woedend,Dirkie.Ek gaan lankal nie meer kerk toe nie en wil niks van enige godsdiens weet nie!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 22, 2016

        Ek is so bitter jammer dat jy deur verwerping-belewenis negatief voel oor Godsdiens.

        Liked by 1 person

      • perdebytjie
        November 22, 2016

        Ek voel darem heel gelukkig in myself en gun ander mense hul godsdiens,Dirkie.Vir my gaan dit daaroor dat elkeen op sy eie manier sin maak van die lewe en mekaar ruimte gee.

        Liked by 1 person

  5. vuurklip
    November 22, 2016

    Dis tyd om daai ou dinosourusse te verwerp. Die subspesie is Domlodokus.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 22, 2016

      subspesie .. Domlodokus !!

      Like

    • perdebytjie
      November 22, 2016

      Fantastiese woord vir mense wat niks wil lees oor aktuele onderwerpe en dan alle onwaarhede wat deur ander versprei word,vir soetkoek op te vreet!

      Liked by 1 person

  6. Hier "blok" Elanè
    November 22, 2016

    Unfortunately true… natuurlik verwerp die kerk sy ma ook, is ons kinders dan nie dit wat ons menswees as vrou definieer nie?
    Sies vir die sg KERK!

    Like

  7. rondomtaliedraai
    November 22, 2016

    Ek verstaan nie hoe mense wat onder soveel Genade leef, ander so kan oordeel.

    Like

  8. seegogga
    November 23, 2016

    En wat van: laat die van julle wat sonder sonde is d eerste klip gooi? En oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie? Ek ken nie baie dominees nie. Maar van die wat ek ken is daar n hele paar skewe broeders. Ouens wat selfs getrou het, want n ds moet verkieslik getroud wees, ne. Hoe n vals lewe. Hoe hartseer.

    Like

  9. Vlindersag
    November 23, 2016

    Wel ek kan een ding sê, ek weet nie self van ‘n kerk wat die nuutste Sinodebesluit steun nie. Dalk wel die kerke wat in die sinode se sakke sit. Dit gons in die NG kerke en hulle is stuk-stuk besig om elkeen ‘n algemene verklaring uit te reik dat hulle hulleself distansieer van die besluit van die Sinode van nou-die-dag en steeds bly by die 2015 besluit wat sê dat die kerk self kan besluit hoe inklusief hulle wil wees. Meer en meer kerke is lankal al inklusief waar elke mens wat in daardie kerke instap dieselfde regte as die volgende mens het met betrekking tot verhoudings, huwelike, doop van kinders/aangenome kinders van gay egpare en alles. Ek dink hierdie onaangename sinodebesluite en goed moet seker gebeur sodat ons introspeksie kan neem, debatteer en hierdie dinge deurpraat. Dit help vir ons om meer bewus te wees van hoe klein is ons as mens en hoe groot God is in hierdie dinge. En hoe Sy liefde selfs die sinode se mense insluit, selfs al besluit hulle as mense om seker mense uit te sluit. Die besluit oor gay mense het nog nooit sin gemaak nie, maar omdat ons daarmee groot geword het, was dit ons realiteit. Noudat ons meer tyd spandeer om te debateer en te verstaan, verander dit soveel meer die prentjie van die God wat ons dien. Onthou, toe ons kinders was het mens het nooit oor hierdie goed gepraat nie – seksualiteit was ‘n verbode onderwerp, so die sinode kon enige wette instel en die kerke het dit toegepas, want niemand mag daaroor praat nie. Nou begin ons praat en ons begin herbesin oor wat liefde is. En ons besef dat niemand beter is as iemand anders nie. Elke mens het ‘n gawe om uit te leef in die liggaam van Christus en te leef in ‘n verhouding met Hom – nie met die baksteengebou waarheen hy gaan om te gaan aanbid nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 23, 2016

      Ek dink die teleurstelling is veral omdat hoogs intelligente mense wat die Bybel kennis het en tog weet van die toe en die nou, dat hul wraggies tekste uithaal vir regverdiging. Ek ook dankbaar vir diegene wat openlik geskok is en teleurgesteld is teenoor mense wat tog naasteliefde moet verkondig. Dankie vir jou kommentaar , ek waardeer dit opreg.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 22, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 571 hits