Woorde

Hoekhuis vrou

Die oude vrou van die Hoekhuis was gehospitaliseer.

Sy die lydende party .

Medikasie word aangehang in deursigte sakkies of boepens glasbotteltjies vir  ‘n moontlike spik -splinternuwe belewenis van ‘n  pynvrye bestaan en beweging.

Let wel, niemand vertel vir jou solank -dag en datum- duur dit voordat jy weer kan riel nie.. jy sit lêend en wag daarvoor.

Nietemin, kortisoon bring ‘n beeld van rooi soos in  tamatierooi gesig en  brandende oë na vore..

Het vir die dr met die baard genoem , ‘asseblief net nie dit nie!’  Hulle glo jou nie, dink in elkgeval jy weet iets van blog en kinders grootmaak en jou huisgesin bemoedig , wat sal jy nou in elkgeval weet van die noodsaaklike werking van Kortisoon.

Gmf. Het hom vertel dit voel kompleet of iets hom sitmaak op  borskas.. toe glo hy my, maar nogtans moet ek dit inneem via naalde. Al daal daar die koudste doodse gevoel oor jou aangesig ..gloei of de not jy is soos ‘n lam der slagting.

“Mevrou, voordat jy huis toe gaan, stuur ek jou na die Kardioloog ”  Hy sê , hy vra nie  of ek lus is of nie..

Dit is daar waar ek toe ‘sit-ups’ gedoen het. Vyftien! Vir die liggaam , effe ronderig en die rug gefusie en bymekaar gehou met skroewe, ‘n helse uitdaging. Nogal ewe gespog by die kind, :”Kan jy glo Ma kon dit regkry..waardig en stadig , nietemin ek hoop dit was 15.. iewers in die tellery het ek aan ander goed gesit en dink tot die Jongeling vra , hoeveel nog uitstaande .. toe lieg ek . .. toe sê hy doen sommer nog twee. Hmm. Die kind vertel is maar standaard oefening, vir haar Ma is dit ‘n moerse prestasie veral daarna die stap op die trapmeul..jy loop in jou glorie en maak maar jou oë toe en hoop die opdraande kry end, hygend soos ‘n moeë ou donkie. Jy luister agterna na bloed deur kleppe, verstom jou-  klink soos speletjies via rekenaar ..psew boef loep lap psewwww.

Vertel die jonge Kardioloog sonder blik of bloos so asof ons oor die weer gesels, die klep is nie op datum nie. Leer toe ook maar van stenoses en sulke goed. Kan jy nou meer! Al die jare  kla ek oor sekere simptome- jy word sommer vinnig gediagnoseer met ..ja maar jy het baie stres ervaar , jou Man se siekte en kommersindroom is eintlik tweede naam. Miskien is jy dalk net onfiks die hyg-hyg die afdraande af…

Nietemin.

Toe kom kuier die vriendin vir my. Die ene wat ek jare gelede  gesien het, toe ons nog tesame in een Stad gewoon het. Die een wat met haar laaste kuier vir my haar rolletjie Xstrastrong pippermentjie gegee het,  Die een met die nare diagnose MS.

Ons hou mekaar vas , verkyk mekaar aan ouderdom wat ook nesgeskop het. Die stem dieselfde , die droë humor dieselfde. Sy wat positief gesels oor Kortisoon soos gratis blosser op die wange..

Ons gesels toe nie oor kwale nie..

“Het ek jou vertel van die boek wat ek gelees het?” sê sy

Wye onderwerp, jy antwoord nie jy wag vir die vertel..

“Die boek van Fanus Rautenbach” Weet jy ek lees die boek, en met die omblaai van ‘n bladsy daar lê ‘n Pondnoot in die boek. Ek het so gevoel aan die geld, vir my man gevra – dink jy dis dalk speelgeldjie?”

“Vir my kind gevra , is dit regtig.. en hy sê net Ja, Ma.”

“Weet jy ek gaan toe na daardie piepklein winkeltjie en vra darem vir die wis is dit werklik outentieke Pond noot?

Sy sê net “Ja Mevrou”

en sy keer vir my die Randwaarde uit.

“Haai weet jy , en toe voel ek so skuldig!”

Toe wonder ek nou oor die Boek se naam.

Dalk is daar ‘n versteekte boodskap vir beide van ons soos die pondnoot.

 

31 comments on “Hoekhuis vrou

  1. newsferret
    Maart 21, 2017

    Bly dit gaan beter en hoop jou kardiologiese oefeninge was makliker as my “spinalpilatus” een keer per week, maar dit werk.

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Maart 21, 2017

    Jy klink amper soos die ou Dirkie!Bly dit gaan beter!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 21, 2017

      Ek werk aan Dirkie, vertel vir haar dink en bedink ander dinge as kwale, vrekmoeilik, dankie vir jou kuier!

      Liked by 1 person

  3. Jeanne
    Maart 21, 2017

    Word gou-gou beter! Sterkte met die kortisoon – dis ‘n pes.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 21, 2017

      En die imuunonderdrukker behandeling, voel of mens se weerstand getoets gaan word. Ek wat met moeite hoofpynpil gedrink het sit nou met botteltjies van dit en dat. Dankie vir inloer.

      Like

  4. travel460
    Maart 21, 2017

    Sterkte Dirkie. Bederf jouself ń bietjie, jy mag maar.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 21, 2017

      So dankbaar vir ‘n onderskragende huisgesin, dit bly ‘n groot genade. Dankie vir jou kuier hier terplaatse

      Liked by 1 person

  5. trommeltjies
    Maart 21, 2017

    Die ou botteltjie en botteltjies wat ons moet sluk en glo hulle weet wat hulle moet doen in jou liggaam. Sterkte. Geen pret om vol gepomp te word met wie weet wat nie

    Like

  6. Kameel
    Maart 21, 2017

    Ons glo die toekoms lyk beter as wat julle die afgelope tyd ervaar het. Wees dankbaar jy het nie op daardie oefenmasjien uitgepass nie. Ek het twee keer net omgekap omdat hulle my nie wou glo as ek sê ek kap om as ek moeg word nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 22, 2017

      Die bloeddrukmeter was om arm en hartritme moes op sekere stadium wees.. hul was my darem genadig

      Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Maart 21, 2017

    Die pondnoot het beslis oor jare in waarde verhoog! Onthou, né

    Liked by 1 person

  8. scrapydo2.wordpress.com
    Maart 21, 2017

    Daardie botteltjies en houertjies met medikasie maak mens sommer benoud en daardie kortisoon -goed is maar giftig. Bly maar kalm en rustig vir n rukkie jong sodat daardie tikkertjie weer kan spoed optel. Dis n lekker belewenis om so n pond noot te kry! Dink net watter stories die noot kan vertel van waar en hoekom. Jy is soos n pond wat nou besig is om ingeruil te word vir nuwe note- dink net, n splinternuwe ou vrou op die hoekhuis! Ai ek maak grappies, Dis so lekker om jou mense om jou te hê. Ek mis my Afrikaanse mense en maniere vreeslik as ek siek is(Op oomblik is ek tuis met brongitis, ek haat dit want my bors is nie n ding om mee te speel nie!)

    Like

    • HesterLeyNel
      Maart 22, 2017

      Ek hoop jy voel sommer baie beter een van die dae

      Like

    • ddupl3ss1s
      Maart 23, 2017

      Ag ek is so jammer oor die bronchitis, mens verstom jou aan die hoes en hoes tot in ewigheid – hygend! Hoop regtig dit gaan stukke beter. Ek het agterna gehoor dit was vyf pond noot, dit was vir my so mooi storie!

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Maart 29, 2017

        Gaan 99%beter. Nie geweet dat mens so ellendig kan voel nie. Ja daardie storie is beslis een uit n duisend. Baie mooi.(Ek sien dis jou verjaarsdag 3oe- baie geluk en ek hoop dis n mooi nuwe jaar verder.)

        Liked by 2 people

      • ddupl3ss1s
        April 2, 2017

        My kuiers op blogs laat veel te wense na!! Ai ek het so agter geraak met lees.. Dankie vir verjaarsdagwense, waardeer en ek glo dat jy reeds op en wakker voel.

        Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        April 2, 2017

        Moenie alleen voel nie. Tyd vlieg verby. Ek is beslis beter dankie. Ek sukkel mos maar met die ou longe! Van ek hier in NZ is dit die eerste keer dat dit my gevang het. Hoop nie dit gebeur weer nie. Geniet jou Sondag.

        Liked by 1 person

  9. Hier "blok" Elanè
    Maart 22, 2017

    Ek hoop die hoekhuis se vrou gaan sommer ekstra goed voel na die ervaring – ek is doooooooddddddbbbbaaaannnnggg vir hospitale ensomeer! Lekker gelees en darem ook ‘n glimlag hier en daar ingekry.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 23, 2017

      Dit is my pilletjie sonder newe effekte , die glimlag- soms kners ek maar probeer altyd in proses positief bly.. onthou ek knor ook ,,giegie!!

      Liked by 1 person

  10. HesterLeyNel
    Maart 22, 2017

    Ek was ook in Januarie by die kardioloog en weet hoe senutergend dit kan wees. Ek hoop al die botteltjies vol pille en vleoistoffies gaan vir jou ‘n lewe met minder pyn verseker.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 23, 2017

      Ek het empatie met jou man en sy knieë, so belangrike skarnier.. loop deesdae so trappe van vergelyking. Bly hoopvol.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Maart 23, 2017

        Sê hy so ewe nou die dag vir my – “Kan iemand anders nie net ‘n rukkie lank namens my pyn nie?” As ons tog maar die pyn so kon gedeel het, nè?

        Like

      • ddupl3ss1s
        Maart 23, 2017

        Ai, pyn is so aftakelend

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Maart 24, 2017

        Dis waar

        Like

  11. Abrie Joubert
    Maart 22, 2017

    De oude vrou nonsens glo ek niks. Haar brein bly kraakvars en jonk kreatief. Maar dit is wel so dat daardie brein ‘n vloeistof nodig het wat vanaf De Aar soontoe gestuur word. Dit is so dat die stem uit die hoekhuis my eenmaal ‘n vraag gevra het en ek haar net ignoreer het. Ek is bly om te kan rapporteer day my vrou op die gesondheidpad is net twee chemo sessies oor (maar dan volg operasie en chemo). Maar dit is ook so dat Abrie wat volgens sy blog hardop dink op stadium glad nie meer wou dink. Ek is bly dat ek weer wil dink al is dit dikwels intellektuele beuselagtigehede (my verhewe benaming vir nonsens praat) is. Die realiteit is as ek nie wil nonsens praat nie is daar fout met my brein en nee nie weens ‘n tekort aan bloed nie. Bly om te hoor jy is beter wordend skrywend.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Maart 23, 2017

      Dankbaar vir die lig van beterskap, hoor ek toe agterna dit is nou nie geskrewe feit nie , slegs moontlike bespiegelings – die ervaar van trauma ‘trigger’ soms dinge soos outo imuungeite, nogal gedink ek het stres goed hanteer met my geliefde se siekte, wys net mens moet soms hardop huil en stres glad nie onderdruk nie. My kwinte het lê en wag soos ander maagsere kry het RA of enige van sy trawante vir my kom kuier. Nietemin verheug die pad wat mens loop of jy familielid of die lydende party is, iewers klaar dit op en mens kry weer blink oë. Groetnis Abrie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Maart 21, 2017 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 619 hits