Woorde

Sy is alweer Soekend ….

..na ‘n Landbouweekblad tydskrif.  ene van die jaar her (2003) met breipatrone geplaas .

Slaapsokkies.

Sy onthou sy’t vir een of ander oumenshuis se basaar gebrei… siende dat   haar voete koulik raak  al woon sy nog nie in ‘n oumenshuis nie.

 

Sy het  toe die tydskrif gevind – patrone met die opskrif ” Sit jou warmste voetjie voor”

Kan ‘n mens nou bly raak oor vergeelde bladsye in ‘n tydskrif?

 

Veral as daar ‘n A4 bladsy uitval  met haar handgeskrewe nota, ‘n aanhaling –  Brainy Quote

 

 

 

I can’t write without a reader.

It’s precisely like a Kiss –

you can’t do it alone”

 

 

 

22 comments on “Sy is alweer Soekend ….

  1. Hier "blok" Elanè
    Junie 26, 2017

    My steel vir die week, ek deel die beslis op ander platforms x

    Like

  2. coetzee2014
    Junie 26, 2017

    Met die onlangse besoek aan SA, het ek daardie slaapkouse, nodig gehad. Nou hier tuis, gelukkig nie meer nie. Die les, moenie die “Heimat” in die winter besoek nie, ten spyte van elektriese komberse.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2017

      Ek het lekker saam met jou gekuier via Facebook.. was omtrent die rondte van Vader Cloete!! .. en Vrystaat winter is enig in sy soort!!

      Like

      • coetzee2014
        Augustus 1, 2017

        Die eerste klompie dae, was daardie vaalte, van die Vrystaat se winter, weer vir my baie vreemd, hoewel ek groot deel van my lewe daar was. Eintlik ´n skok om uit ons groen wêreld, oornag daar te beland.

        Liked by 1 person

  3. travel460
    Junie 26, 2017

    Frannie, hoe seën jy my nie nou met jou skrywe en aanhaling nie! Tot wanneer is jy daar oorkant die water?

    Like

  4. Abrie Joubert
    Junie 26, 2017

    Wyse vrou die sy waarvan jy praat en as sy ‘n 2003 Landbouweekblad kan vind dan moes sy ‘n meester wegkruipertjie speler gewees het, veral as sy aan was. Sy herinner my aan Talking Heads (nie die sanggroep) deurAlan Bennett. 6 monoloe wat opgeneem en in audioboekfirmaat beskikbaar is maar sal ook in boekvorm beskikbaar wees. Een daarvan is Miss Fozzard Finds Her Feet, wat gaan oor interaksie met die voetheelkundige wat anders uitdraai as beoog. Ek vermoed sy sal dit geniet veral The hand of God en A lady of letters. Stuur groete vir haar!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2017

      Daardie skrywe “Miss Fozzard Finds her Feet” klink heerlike leesstof, sal die Voetkundige ter plaatse moet inlig.. en die ander veral Alady of Letters… hmm , sodra ek die ou sielietjie teëkom in die gang van die Huis op die Hoek sal ek met haar hierdie interessante kommentaar deel…Groetnis .

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Junie 26, 2017

    Ek nader ook die ouderdom dat die sokkies benodig gaan word

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2017

      Iewers het van die menigte pilletjies wat moet help vir RA skielik wondere verrig vir wintershande ..bloedsirkulasie het verbeter, dalk is daar beterskap oppad voete toe ook. sulke sagte wolsokkies is darem salige bederf.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Junie 27, 2017

        Ag dit is regtig goeie nuus … Ons hou duime vas vir die voete

        Like

  6. melouisef
    Junie 26, 2017

    Waar plaas mens bestellings?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 29, 2017

      Wonder hoekom gooi hulle jou kommentaar in Spam hokkie!! Jinne… Ek deel met liefde patrone uit.. ek brei nog met behulp van Youtube..

      Like

      • melouisef
        Junie 29, 2017

        😀 née die bestselling vir die klaargebreide Sokkies *koes*

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 29, 2017

        Haha… jy moet jul basaars besoek of dalk is daar naby jou kreatiewe siele..

        Liked by 2 people

      • melouisef
        Junie 29, 2017

        Dis nie n koue winter nie en my nuutste ‘boots’ stewels Klink soos heks het n warm voering dus is ek hopelik geholpe vireers 😍

        Liked by 1 person

  7. scrapydo2.wordpress.com
    Junie 27, 2017

    Ons het groot geword met bedsokkies. Daar was nie warm komberse nie en warm waterbottel het mens se voete verrinneweer. Slaapsokkies was die beste. Hier in NZ trek mens sulke lekker dik sokke aan in jou skoene. Dit hou jou voete dwarsdeur dag en aand warm. Mooi gesegde wat jy daar raakgeloop het ook.(ek het altyd patrone veramel en in ou tydskrifte geplak. Ek het hul nog steeds. Dis nog van 1980tigs tot 2008 se patrone. My liewe ma was n GROOT breier en onstwee het altyd saam gebrei en patrone uitgeruil.)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 27, 2017

      Ai dit is een ding waaroor ek bitter spyt is, die leer brei by my skoonma , nooit ooit eens gedink ek sal daarvan begin hou , nie. Dankie vir jou inloer.

      Liked by 1 person

  8. trommeltjies
    Junie 29, 2017

    Daardie nota bevat n baie groot wysheid wat bewaar moes word, vir die nou lees.

    Like

  9. Toortsie
    Junie 30, 2017

    So bly jy het dit gevind!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Junie 26, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 561 hits