Woorde

Liewe Kian

Ouma se woelwater

se naprater

se energie lyfie..

vandag is jy 2 jaar.

Weet jy hoe warm klop Ouma se hart as jy so arms  wyd

oop na my hardloop vir ‘n drukkie!

Salig.

Ouma se twee soene vanoggend op jou blondekop, jammer Ouma het toe nog nie rooilipstiffie aangesit nie, dit is eintlik tradisie die rooi soene …en Pappa se kommentaar “Kian, wees bly dit is twee soene , is erg as mens 31 jaar oud is en jou Ma soen jou soveelkeer …”

Ouma en Oupa wil net vir jou vertel..dit is darem die lekkerste lekker as jy ons elke oggend roep en Ouma weet ek mag nie eintlik nie..veral vroegoggend voor jy na dagmamma toe gaan, hoe kan Ouma dit ooit weerstaan -jy reguit hoekkas toe …”koekie koekie?’

Vreugdekind,

Ons is lief vir jou.

Ouma en Oupa.

bty

20 comments on “Liewe Kian

  1. poerdez
    November 13, 2017

    Happy birthday Kian!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 13, 2017

      Dankie.. sy Ouma sal hom die boodskap gee..sal geniet hoe hy die blogger naam gaan nasê !!

      Liked by 1 person

  2. Hier "blok" Ek!
    November 13, 2017

    dierbaar verby – iemand wat in Dan Patlansky se voetspore kan volg as ek so na die kindjie en sy kitaar kyk.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 13, 2017

      Ouma het huiswerk gedoen..Dan Patklansky.. ek dink Kian se Pa sal beindruk wees..sy Ouma hoop vir eendag se twaalfsnaar klassieke kitaar..nietemin sy tannie(Mia se Mamma) het vir hom dromstelletjie gekoop.. ons sal onder ons dierbare boom sit en luister na Kian se oefensessies..

      Like

  3. perdebytjie
    November 13, 2017

    Baie geluk met die skatjie se verjaarsdag! Hy is pragtig!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 13, 2017

      Dankie Perdebytjie, ek het toentertyd altyd gedink ‘n tweejarige en tiener in wording het heelwat in gemeen…kwaai en frustrasie loop hand aan hand.

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    November 13, 2017

    Ag hene, kyk net daardie professionele kitaargreep!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 13, 2017

      Danksy sy Pa, ek het ook gesien die Kitaar word hanteer soos deur ‘n verwoede rocker!!

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    November 13, 2017

    Ag uiteindelik ‘n brief aan hom!

    Liked by 1 person

  6. Kameel
    November 14, 2017

    Dit is die lekker van ouma wees, jy mag maar daardie koekie gee. Geniet hom, soen hom, vry hom….. as jy jou oë uitvee, vee hy daardie soene af, en sê hy dis nou genoeg want hy is nou groot. Geluk klein Kian!!!

    Like

  7. Abrie Joubert
    November 14, 2017

    Ek dink Ouma moet gedissiplineer word omdat sy Vreugdekind na die hoekhuis se hoekkas begelei :)

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 14, 2017

      Koekies is baie beter as die glasfles vol sjokolade , ai en hy smul so lekker….

      Like

  8. trommeltjies
    November 15, 2017

    Geniet hom elke dag met oorgawe en drink sy kosbare woorde op. Hulle word so gou groot

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 15, 2017

      Ribbetjie seuntjie vrolike sielietjie, ons geniet hom vreeslik Mia noem hom Kaiiinkie.. dierbaar

      Like

  9. wegkruipertjie
    November 15, 2017

    Hy is pragtig, geluk met sy verjaarsdag (al is dit 2 dae terug).
    Op verjaarsdae mag mens sommer baie baie soene gee

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 15, 2017

      Dankie.. kyk ek is seker my twee kleinkinders het iets in hul babapap ingekry.. so aktief ewig aan’t draf..

      Liked by 1 person

  10. Toortsie
    Desember 5, 2017

    Dierbaar. Geniet hom!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 13, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 573 hits