Woorde

Sommer maar net

Die uwe dra broek.. nie die broek in die Hoekhuis .

Langbroek.

Deesdae met versengende hitte in ag geneem my voorgeneem, dra tog maar weer ‘n rok.

Pas aan miskien lyk dit aanvaarbaar in die uwe se oog..

Ek is heilig daarvan  oortuig aantrekhokkies gee ander beeld as die een by die huis se spieël nietemin

Sy pas aan draai in rondte bekyk haar  oorerfstukke van boesems tot boude moet darem aanneemlik  lyk in kledingstuk.

Kies en  betaal .

Staan ek toe oopogig en verlang na my Ma met die aanskoue van haar kind in die spieël-

Die slooprokkie mode destyds, darem skaflik om die halslyn , my kind en die moutjies wat darem die bo-arm se dikte effe versag .. fooitog Ma.

Ek bekyk die vrou in die spieël en wonder wanneer het dit gebeur

.. die grys hare

..hangwange

..die nek met die opmerklike plooie

die afwaartse ou bekkie..dunlippig (nou net omdat ek so moes konsentreer met die neem van die selfie) sonder glimlag.

Stuur die selfie aan Kinta  en verklaar plegtig

” My kind, Ma lyk nes Ouma!

Ma het ‘n dienlike rokkie aangeskaf .(ouma se woorde)

Kon miskien so bietjie langer onder die knie,  die wit spataar beentjies in aggeneem  en deesdae het ma ook sulke opgepofde voetjies in sandale  nes Ouma.

Dit pas netjies om ma se buuste en verberg darem die ergste bulte (rolle klink so onwaardig) .

Nou ja , met die oorgooi van die rokkie (ma se woord) oor my kop , kom daar dalk weer gedagtes navore vir ‘n skryfsel.

Nuwe ou gewoontes.

 

 

 

37 comments on “Sommer maar net

  1. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 17, 2018

    Dit klink soooo bekend. Ek kyk ook na die mooiste rokkies. By my moet dit lank wees sodat my dun harige gekrappieaartjies bene bedek is. Daardie spieëls in winkels is beslis ongeballanseerd as mens dit so kan noem. Het besluit om maar somerslappies te koop en my eie passende langbroeke te maak. More is mos vakansie hier by my. So lekker om iets van jou te lees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Ek het ‘n naaldwerkmasjien, as ek kyk die maklike patroon besef ek ek moet net poging aanwend en iets maak, nogal skokkend die pryse van patrone!

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Desember 18, 2018

        Stem saam oor pryse. Ek het nog “ou” patrone wat eenvoudig is en altyd in die mode ook. Is die moeite werd. Bygesê materiaal is ook nie meer goedkoop nie.

        Liked by 1 person

  2. Toortsie
    Desember 17, 2018

    Ag, maar die sie mooiste rok en die lyfie daarin lyk ook glad nie sleg nie en welkom, welkom, welkom terug! Daardie rokkie verdien ‘n beker, hoor jy? ❤️

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Dankie vir die welkom, voel kompleet soos eerste dag by skool

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Desember 17, 2018

        Dit sal gou oorgaan, dan is die ou bekendheud weer terug. Jy sal sien, dis glad nie ‘n nuwe skool nie. Hier en daar dalk ‘n nuwe gesig, maar almal doodvriendelik.

        Like

  3. Toortsie
    Desember 17, 2018

    Ek het regtig lelike spatare, veral op my een been. Dis nie aartjies nie, dis dikke, potblou riviere wat sommer rondom my been loop. Ek bedek dit nie in die somer nie. O ek weet dit lyk verskriklik lelik, gekukkig sien ek die nie, want ek kyk vorentoe. 😊

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Ai kry jammer oor daardie verrrekte are, kan pynlik raak, myne lyk soos padkaarte wat afdwaal paaie aanwys op padkaart.

      Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel
    Desember 17, 2018

    Dis ‘n mooie rokkie en ‘n heel skaflike lyfie daai en ek is bly om jou hier te sien.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Dankie Hester, moet net weer probeer, goeie terapie, altans vir my

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Desember 17, 2018

        Ons voel almal so, dis ‘n uitstekende uitlaatklep.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Desember 17, 2018

        Met herlees van ou skrywes agtergekom ek het toetentaal te beswaard begin raak ..

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Desember 18, 2018

        Ona gaan almal soms deur swaar tye en soek dan ‘n skouer om op te huil. Dan skyn die son weer en dis lekker om vreugde te deel.

        Liked by 1 person

  5. travel460
    Desember 17, 2018

    Ek is net so bly om jou bietjie hier te sien inloer. Mapstieks maar die rokkie lyk baie goed aan daardie lyfie, hoor!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Dankie Travel, menig dag my sit gesit om paar woorde te plaas , dan twyfel ek of dit regtig die moeite werd is..

      Like

      • travel460
        Desember 17, 2018

        Partykeer oordink ons dinge. Ek het agtergekom dat my beste skrywes die is wat op die ingewing van die oomblik gebeur.

        Liked by 1 person

  6. Jeanné
    Desember 17, 2018

    Geniet altyd jou skryfsels! Jy lyk baie goed in daai rokkie!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Vreeslik dankie, waardeer altyd jou saamlees , skielik soos vreemdeling in Jerusalem gevoel met hierdie probeerslag.

      Like

  7. Lewies Mymer
    Desember 17, 2018

    Lyk heel seksie vir my!

    Liked by 2 people

  8. Hier "blok" Ek!
    Desember 17, 2018

    En so stap ieder en elk van ons een of ander tyd ons vas in ons ma se lyfvorm en gewoontes, partykeer so effe gouer as wat ons verwag en partykeer ontmoet ons daai lyfvorm in die spieëlbeeld van ‘n afgryslike aantrekhokkie 😁😊

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Ek het haar manier van woordgebruik so geniet! Met die rondheid sal ek moet vrede maak , indien mens op hierdie ouderdom afmaer dan raak niks mos ferm alles hang!!

      Liked by 1 person

  9. Lien Botha
    Desember 17, 2018

    Ai my liefste nig dis ‘n vreeslike ding wat mens oornag bo-val! Alles sak uit do bo-stel en die onderstel😫😭 Dink ek het 18 jaar laas ‘n rokkie gedra! Pat sê net nou die dag hy wonder hoe sal ek lyk! Dalk net moet ek dit waag of liewer nie🤔

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2018

      Wie nie waag nie!! Deesdae so warm is salig die koel ligte materiaal van ‘n rok..

      Like

  10. rondomtaliedraai
    Desember 17, 2018

    Ek glo daar niks van nie… sit op jou bril en ja sal sien dit lyk heel goed!

    Liked by 1 person

  11. Net Ek
    Desember 18, 2018

    Ag dis so lekker om jou hier te sien weer!

    Ag die rokkies. Ek is ook mal oor ‘n mooi rokkie. My kas hang vol mooi rokkies, nog met die pryse aan. Elke keer koop ek een en dink DIE een sal ek dra. Maar ek kry myself net nie so ver nie. Geen idee hoekom. Mal oor jou rokkie, maar moet my asb nie sê waar jy hom gekoop het nie, Heel moontlik gaan daar nog ‘n-rokkie-met-‘n-prys-aan in my kas beland. :lol:

    Stuur groete vir Oom Hoekhuis!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 18, 2018

      Rokkies is nou so volop ek het paar jaar gelede knaend rok gedra , iewers het langbroekmode meer oorwegend begin raak. Dankie vir die groetnis, ek sal hom laat weet , ons beleef 2 kleuters wanneer ouers werk , nogal erg energie gebruikertjies die twee..

      Liked by 1 person

  12. woestynkind
    Desember 18, 2018

    Jy lyk pragtig. En koel Jy is reg. Hierdie hitte is moordend. Ek lyk ook almeer soos my ma. Ons familie het ‘n groot stryd met die rolle. Dis nie bultjies by ons nie. Ek lees nou die dag op FB. My stomach is flat. The L is just silent. Ek moes maar lekker saamlag.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 18, 2018

      Lekker lag ek nou!! Voordeel van volrond plooie minder sigbaar, dis die afmaer wat krisis meebring..

      Like

  13. sonell
    Desember 18, 2018

    Dit is ‘n pragtige rokkie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 19, 2018

      Dankie .. deesdae het winkels darem die mooiste rokke, ek het net probleem met groot blom bedruktes… soms oorweldigend voel kompleet soos na aan Seyschell advertensie..

      Liked by 1 person

      • sonell
        Desember 19, 2018

        Ek stem heeltemal saam jou. 😅

        Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Desember 17, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 573 hits