Stil hou sy haar dop.
Handjie oop.
Draai die hand met gewriggie heen-en-weer.
Handbrug ..palm, handbrug, palm.
Skielik- vingers met vinnige beweging oop toe oop toe
die kraai laggie die gesels met haar handjie.
Sagte speeldingetjie in die hand..dieselfde oefening – vingertjies met spoed oop toe oop toe en skielik kom daar die piepgeluid – die ontdekking as ek hard genoeg druk die beloning van die geluidjie.. soveel glans op haar gesiggie .
Oefen oefen….
Lank terug het sy haar Ma ook so sit en dophou –
Hand oop. Vlerk die vingers, waaier oop.
Draai handbrug bo ..palm, handbrug
Skielik met een stram vinger na haar mond, na die hand, vryf en vryf oor en oor die oumensvlekkie op handbrug in stadige doelgerigte beweging.
Die verbasing van hande wat verander het.
Die stilgesprek met haar hande.
“Wonder wat het my hande oorgekom?”
“Wat het gebeur dat my hande so lelik geword het!”
“Hoekom is die vel so los..was ek siek, wat het met my hande gebeur?”
Die oë dof , die begrip nie meer nie.
Sy neem haar Ma se twee hande in hare. Skulp dit toe.
Haar dogter probeer troos, “Ag Ma se hande is so wonderlik sag”
haar antwoord
“Dink jy so?”
“Jy moet tog jou hande oppas”
“Kom ek smeer vir Ma room aan, ruik , ruik hoe heerlik Ma!”
Oumens hande skulp tesame oor haar neus – soos gehoorsame kind .
Die vreugde wat opflikker . Oumenskind.
Die verbasende antwoord ” Dit het werklik ‘n besondere geurige reuk!”
en haar dogter kyk vanoggend na haar eie hande
vlekkerig – verplooiing van handbrug .
en haar oë skiet vol trane
Ai, nou dink ek met verlange terug aan my ma ook. Beslis n spesiale manier hoe die hande saam bak gehou word om die geur te ruik. Selfs die kere toe ek gehelp het met aantrek of uittrek. Die gerimpelde liggaam wat eens “mooi” en soepel was. Dan kyk ek na my eie velle en lelle. Nou die dag het my seun ook my hand gevat en dit liefderyk n bietjie gevryf terwyl hy verwonderd na die veroudering gekyk het.
LikeLiked by 1 person
Ek het darem lekker gelag oor die lelle.. skielik het ons flappe vir bo-arms..
LikeLike
Ho ho netso, en kan hl vir jou flap! Trek liewers iets met moue aan
LikeLike
As ek kyk hoe klein my ma geword het, sy wat haar lewe ‘n groot vrou was, gestoei het met die gewig…
LikeLiked by 1 person
In die boek “Die Afdraande van die dag is kil” deur Alba Bouwer het sy gepraat van as mens oud word ‘maer jy mos af” .
LikeLike
Het toevallig vandag daardie boek in my hand gehad. Ek het ‘n boek gesoek. Het hom nog nie gelees nie.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy is bitter gelukkig om daardie boek te kry ..uitdruk en skaars .
LikeLiked by 1 person
Ai – so pragtig en gevoelvol geskryf. My 1ste kleinkind is oppad en nou net 2.5cm lank. Ek hou dus nog asem op. En lees met ander oë aan jou blog…
LikeLiked by 1 person
O ek het begrip vir daardie vreugde van elke sentimeter, glo alles sal goed verloop- wat bepaal is sal wees.
LikeLike
Tot huilens toe mooi, Dirkie!!
LikeLiked by 1 person
Ai , dankie Frannie . Eenkeer gelees dink dit was Anneli Botes wat geskryf het,oor so huilsessie.. daarna voel mens sommer weer reg om die dag aan te pak.
LikeLiked by 1 person
Pragtige herinneringe Dirkie.
Ek is besig om te verkrimp en het altyd gedink ek sal bly wees om ‘n bietjie lengte af te skud. Nou sien ek dit is geen seën nie; my dogter sê nou die dag so ewe “kyk hoe klein word die ou lyfie!!!.”
LikeLiked by 1 person
oe jou gelukkige siel ..ek sal eerder hoor – haai jy lyk wraggies net so rond soos jou oorle Ma”
LikeLike
Lekker giggel ek nou :)
LikeLiked by 1 person
Ek het “Die Afdraande…” . Moes einenaarskap verwissel daarvoor.
Baie gevoelvolle skrywe Dirkie, ek dink ons sestig-plussers en sewentig minussers ken die gewaarwording van die aftakeling van mens se liggaam en kragte.
LikeLike
Baie dankie Lewies, wanneer kwale / ouderdomverwant -ongenooid op mens se voorstoep hom staanmaak, dan bly mens dankbaar vir klein handelings en herinneringe.
LikeLike