Woorde

Nursie

Ek is bitter spyt ek het nie daardie dag jou naam en van afgeskryf nie.

Die dag in dagsaal na hy uit die teater gestoot is .

Die dag toe ons gehoor het die pes onder die vee is weer terug.. die kankergewas met afmetings in sentimeters en ligging so plegtig aan ons verduidelik.

Die dag toe jy na my gesig kyk , terwyl hy gou badkamer toe was.. die dag toe jy my in jou arms geneem het.

Jou vashou, sal ek nooit vergeet nie..woordeloos.

Die aandra van koffie.

Mooi aangebied..nogal met ‘n koekie en die trosie “sommer vir die groot skok” .

Jou sal ek altyd onthou.

Ek sou graag vir jou wou vertel vandag is die laaste dag van chemotablette reeks.

Ons is verskriklik dankbaar , vir genade en vir vasbyt en vir humor .

15 comments on “Nursie

  1. Net Ek
    September 15, 2016

    Ek dink nie sommige mense besef watse indruk hulle op ons lewens maak nie!

    Ek is saam jou en Oom Hoekhuis dankbaar vir die laaste dag van chemotablette.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2016

      Baie dankie Net Ek.. jy laat my altyd glimlag met die “Oom Hoekhuis” benaming. Ons waardeer altyd die nota antwoorde op my blog.

      Liked by 1 person

  2. Jeanné
    September 15, 2016

    So bly saam met julle! Mag dit vorentoe net beter en beter wees. x

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2016

      Baie dankie, dit bly wonderlik dat mens deur alles positief gebly het.. genade.

      Like

  3. coetzee2014
    September 15, 2016

    Nou sal dinge weer normaal word, weet nie of dit nou heeltemal die waarheid is nie, maar tog. Ja, so kruis daar mense, ons paaie, wat nie weet wat se indruk en invloed, hulle op ‘n sekere Oomblik gehad het nie en dan is hulle net weg.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2016

      Ek dink met elke toets en voorgeskrewe xstraal sal mens maar altyd spanning ervaar, nietemin ons bly dankbaar ons is darem nie by dag een van proses nie, dit het soos ewigheid gevoel!

      Like

      • coetzee2014
        September 15, 2016

        Ja, daardie spanning beleef ek ook maar elke jaar, vir daardie uitslag. Was natuurlik glad nie so ernstig nie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 16, 2016

        Eintlik dink ek as dit Kanker is ..wattersoort of erns ookal , bly altyd ;n angs om die hart ervaring. Sterkte ook aan jou en dankie dat jy altyd bemoedigend aan mede ervaarders dink.

        Like

  4. Lewies Mymer
    September 15, 2016

    Saam met julle dankbaar julle is nou so ver, hoop vir toename in liggaamskrag en volkome herstel.Daai nursie was dalk ‘n engel.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2016

      Deur die hele behandeling en belewenis het ek meestal dapper en kalm gebly maar sodra iemand vir my met soveel empatie sê ” Ag siestog, ek is so jammer!” dan het ek my moedeloos getjank..

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    September 15, 2016

    Ek is sommer ook huilerig

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 16, 2016

      Diegene wat sonder emosie deur lyding gaan is vir my ongekend.. ek dink sommige het net meer beheer oor trane maar nou ja ek erken sekere stemtoon en woorde laat my maar swaar sluk..

      Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie
    September 15, 2016

    Sien jy, Dirkie, jou woorde is terug – en watter wonderlike woorde is dit nie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 15, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 619 hits